INDEPENDENT. LOCAL. YOUR FREE COMMUNITY NEWSPAPER.Follow us on Facebook ↗
Platinum Bushvelder
Thabazimbi • Northam • The Bushveld
Fostering a sense of community

Community

Local voices. Real stories. A community connected.

Rainbow Cup SA
Community

Rainbow Cup SA

Stormers vs Sharks Die 2021 Rainbow Cup het afgeskop op die Kaapstad Stadion tussen die Stormers en die Sharks. Die Kapenaars het van die afskop verwoed ingeklim en was na 12 minute 17-0 voor. Rooi kaarte was weer aan die orde van die dag en die spoedvraat Seabelo Senatla is strafkas toe gejaag. Die Sharks het begin terugveg en met halftyd was die telling 23-12 in die guns van die Stormers. Die tweede helfte het aan die Haaie behoort en teken hulle 21 punte aan om die kragmeting 33-30 te wen. Vir die Sharks het die nuweling slot Reniel Hugo ‘n droom debuut gehad en druk drie drieë. Vir ‘n slot is dit ‘n merkwaardige prestasie of wat ou grote?! Die Sharks speel Saterdag 8 Mei om 16:00 teen die Lions in Durban. Die Stormers pak hul tassies om in Kaapstad teen die Bulle om 18:15 uitdraf. Bulls vs Lions Op Loftus klop die Bulle die Leeus 22-9. Dit was ‘n game wat nou nie lekker aan die gang wou kom nie... Die Leeus het verwoed verdedig maar op die aanval was daar nie baie planne nie. Die belowende Tiaan Swanepoel is ook nou buite aksie vir die res van die seisoen met ‘n ernstige enkelbesering. Dit is ‘n groot terugslag vir die Leeus wat alreeds sonder Elton Jantjies moet klaarkom. Die Leeus speel 8 Mei om 16:00 teen die Sharks in Durban. Die Bulle draf om 18:15 teen die Stormers op Loftus uit.

Kreatiewe kolkuns 
Community

Kreatiewe kolkuns 

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 15 April vergadering gehou te Swartklip. Bosveld streeksvoorsitter Riana Oosthuizen het die VLU Northam-tak besoek en lede herinner aan die etiket van VLU en waaroor die VLU gaan. Sy het ook haar kennis oor gehekelde onderbord plekmatjies gedeel. ‘n Kolkuns werkswinkel is aangebied waar die lede blompotte gemaak het. Kolkuns is ‘n kunswerk wat elk ‘n storie vertel deur die gebruik van verskillende kleure en grootte kolletjies. 

Erdewerk pret
Community

Erdewerk pret

Strewe – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het op Dinsdag 13 April by Ria’s Pottery Studio vergader. Elke lid het ‘n item gekies en geverf en ‘n kreatiewe oggend saam geniet. Die VLU Strewe-tak het ook gepronk tydens die afgelope konferensie deur weg te stap met die prys vir die hoogste totaal in algemeen en gebak. Die dames se volgende vergadering vind plaas op 11 Mei.  Vir meer inligting kontak Ilna Schutte op  082 774 8803.

Wonderlike nuus – KunsteGrot is terug in aksie! 
Community

Wonderlike nuus – KunsteGrot is terug in aksie! 

Thabazimbi – Maak reg vir Kameras Konserte en Kleedkamers met Lizz Meiring wat op Vrydag 21 Mei op KunsteGrot se verhoog sal wees. Die vertoning begin om 19:00 en kostes beloop R130 per persoon. Daar is ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar, kontak Rita Volschenk by 083 744 8559 om seker te maak jou kaartjie is bespreek. Photo: Kameras Konserte en Kleedkamers met Lizz Meiring!

Recycling for a better future!
Community

Recycling for a better future!

Thabazimbi – On Friday 16 April the Thabazimbi Local Municipality (TLM) concluded what turned out to be a successful recycling entrepreneurship training. The training, which was hosted by the solid waste unit in partnership with RecyclePaperZA, was conducted over four days to empower local entrepreneurs with knowledge about recycling. Upon completion of the training, participants were handed certificates of attendance by TLM mayor councillor John Michael Fischer. The municipality is grateful to Joe Peu of RecyclePaperZA, Faith Masiya from the Department of Environment, Forestry and Fisheries (DEFF), the TLM solid waste team as well as participants from various units of the municipality who participated in the training. 

Ambulance coming – veer left or right?  
[Letter to the editor] 
Community

Ambulance coming – veer left or right?   [Letter to the editor] 

SA – Whenever I hear sirens, I immediately go on high alert and check around me to see where they are coming from. Because I know every minute counts when it comes to saving lives, so I want to ensure that I am not the one blocking an ambulance. I just wish others had the same courtesy!

Bully-parents create bully-children!
Community

Bully-parents create bully-children!

Bullying in schools is a global phenomenon that has a huge potential impact on children both physically and psychologically.

HOD bends the rules for the Mucina-Makhado Special Economic Zone
Community

HOD bends the rules for the Mucina-Makhado Special Economic Zone

Pretoria/ Limpopo – The Mucina-Makhado Special Economic (MMSEZ) zone was called the largest proposed environmentally degrading development in Africa by Professor Lisa Thompson of the University of the Western Cape at a public participation meeting held on Friday 30 April.

Koebaai Northam, hallo Rustenburg! 
Community

Koebaai Northam, hallo Rustenburg! 

Northam/ Rustenburg – Dit is met hartseer dat ons Oom Jan van Zyl groet. Hy het op 18 April verhuis om aan te sluit by Rusoord Ouetehuis te Rustenburg. Oom Jan en wyle Tannie Marie van Zyl (oorlede 10 Mei 2019) het diep spore in ons gemeenskap getrap. Hul kinders woon nog in Northam en dus sal hy dan en wan kom inloer. Ja-nee kyk, daardie ferm handdruk en sterk stem sal ons beslis weer hoor!

Light at the end of the DNA backlog tunnel
Community

Light at the end of the DNA backlog tunnel

SA – The South African Police Service management can report that great strides are being made to overcome the backlog in DNA testing while the system to track and trace forensic exhibits is now fully up and running.