Headlines

HONDE KAN BLOED SKENK!

1 March 2019 · Platinum Bushvelder

HONDE KAN BLOED SKENK!

Thabazimbi – Jou ‘honde-kind’ kan die lewe van iemand anders se troeteldier red! Maak van hom of haar ‘n bloedskenker en ‘n held.


Honde het meer as 13 verskillende bloedtipes, maar kan aan enige hondebloedgroep bloed skenk. Die bloed kan aangewend word vir gevalle soos bosluiskoors, trauma en in sommige gevalle vir Parvo (katgriep).


Die vereistes van ‘n hondebloedskenker is as volg:
Moet ‘n gewig van meer as 25kg hê.
Moet tussen die ouderdom van een en agt jaar oud wees.
Alle inentings en ontwurming moet op datums wees.
Moet gesond wees.


Moet ook nie self al ‘n bloedoortapping gehad het nie.
Honde kan elke ses tot agt weke bloed skenk. Die veearts verkies om skenkers te kontak soos bloed benodig word.


Die prosedure is baie veilig en is binne ‘n paar uur vergete. U dierekind moet maar net rustig wees na die tyd en ‘n bietjie pamperlang sal ook die hond net goed doen! 
Indien jy graag wil help om ‘n hond se lewe te red, skakel Medivet Thabazimbi ontvangsdame Alecia Swart op 014 772 3323.