Schools & sport

2019 SUPERUGBY

1 March 2019 · Platinum Bushvelder

2019 SUPERUGBY

Highlanders vs Reds
In Dunedin slaag die Hooglanders daarin om die aanslae van die Reds af te weer en wen 36-31. Die tuisspan het egter klippe gekou om die Aussies die loef af te steek. Die Highlanders draf volgende teen die Rebels in Melbourne uit. 


Die Reds het volgende ‘n grote wat wag teen die Crusaders en die enigste ligpunt wat in hulle guns kan tel, is die tuis faktor ou grote.


Sunwolwes vs Waratahs
Die getjank van die Wolwe weergalm seker nou nog in Tokio want hierdie game moes hulle wen, maar die telbord wys 31-30 in die guns van die Tahs. Swak beslissings deur die fluitjieblaser het ook vir die verdriet en getjank van die Wolwe gesorg.  


Die Tahs het ‘n loslootjie in week 3 met die Wolwe wat Hamilton toe reis om teen die gekweste Chiefs te gaan uitdraf.


Crusaders vs Hurricanes
In Christchurch stel die Canes hulle duisende aanhangers erg teleur en word eintlik geboelie deur die Saders wat 38-22 wen. Die Canes het wel beter in die tweede helfte gespeel maar die Saders gaan moeilik van hulle titel afstand doen. 


Die Hurricanes draf volgende teen die bevoeterde Brumbies in Palmerston North uit met die Crusaders wat Brisbane toe reis om teen die Reds uit te draf.


Brumbies vs Chiefs
Die eerste werklike skok van die 2019 seisoen vind toe in Canberra plaas waar die Brumbies die Chiefs verneder om 54-17 as oorwinnaars van die veld te stap. Duisende superbru deelnemers het die pot lelik misgesit met die rare Brumbie oorwinning.

Die ster van die game was die yster Christian Lealiifano wat geskitter het op losskakel. Die wonderbaarlike herstel van sy breinkanker en die feit dat hy weer eersteklas ruggas speel is net ongelooflik ou grote. 


Die Chiefs draf volgende teen die Sunwolwes in Hamilton uit en die Brumbies moet kragte meet met die Hurricanes in Palmerstone North.


Haaie vs Blues
In die Haaitenk wen die Durbaniete weliswaar 26-7 teen die Auckland Blues en verdien hulle tweede bonuspunt om ook dan na week 2 eerste op die algehele punte tabel te lê.

Die Haaie het egter nie heeltemal oortuig nie, maar kan met redelike selfvertroue uitsien na hulle volgende game teen die Stormers in Durban. 
Die Blues reis Buenos Aires toe om teen die Jaguares te gaan uitdraf.


Stormers vs Leeus
Op Nuweland slaan die fluitjieblaser die kitaar om sodoende vir die volgende week se games, sy eie gras te sny. Seconds kom nou ‘tweede’ om vir eers van die Skeidsregterspaneel geskors te word met sy patetiese beslissings tussen die Leeus en Stormers.


Die game word dan gewen met die klein rakker Jantjies wat in die doodsnikke om die skrum breek en die wendrie vir die Stormers te druk om sy span 19-17 te laat seëvier.
Die Leeus draf volgende teen die Bulle in Joburg uit terwyl die Stormers Durban toe reis vir ‘n beach party in die Haaitenk.


Jaguares vs Bulle
Na hulle stoomroller vertoning die week van tevore, staan en vreet Bul se kind wragtig van die Argentynse vloer af. Die Jaguares wen welverdiend 27-12 in Buenos Aires.
Die Bulle speel volgende teen die Leeus op Ellispark met die Jaguares wat gasheer speel vir die Blues.


Nag ou grote...
* En net so terloops....Wallis klop Engeland 27-13 in die Ses Nasies...whoop whoop Eddie!