Headlines

Thabazimbi gemeenskap rol moue op

22 February 2019 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi gemeenskap rol moue op

Thabazimbi – Die gemeenskap van Thabazimbi het op Maandag 11 Februarie saamgespan en hand bygesit om die Thabazimbi Begraafplaas op te ruim en skoon te maak, nadat die gras en bosse die oorhand begin kry het. 


Een van die dryfkragte agter die inisiatief, Mione de Witt, wil graag baie dankie sê aan Ikatiseng sekuriteit en Dinare sekuriteit vir hul hulp en skenkings om die begraafplaas skoon te maak.

 “Baie dankie ook elke persoon wat hulle tyd opgeoffer het om die projek ‘n sukses te maak.”


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder oor hoekom die begraafplaas so agteruitgegaan het, het die Thabazimbi plaaslike munisipaliteit gesê: “Ons is ten volle bewus daarvan dat die begraafplaas nie onderhou word nie. Daar is verskeie faktore wat ‘n rol speel soos ‘n tekort aan hulpbronne en finansies.

Die munisipaliteit probeer om al hul verantwoordelikhede ten opsigte van dienslewering na te kom en is baie dankbaar vir die gemeenskap se hulp. Die nodige stappe is ook geneem teen werknemers wat nie hulle pligte nakom nie.”

Na die gemeenskap die area skoongemaak het.
Na die gemeenskap die area skoongemaak het.
Vóór die gemeenskap skoongemaak het.