Leeupoort vier Geloftefees

Leeupoort – Op Sondag 16 Desember vind die sesde Geloftefees op Leeupoort Vakansiedorp plaas. Tydens die byeenkoms sal daar eer aan God gegee word vir die oorwinning by die Slag van Bloedrivier en die onmisbare wonders wat Hy doen.
Hoof van Solidariteit Navorsingsinstituut Connie Mulder sal vanjaar die aangrypende verhaal van die Slag van Bloedrivier vertel.
Dominee Paul Buitendach van die Hervormde Kerk Volksrust lei die erediens.
As u saam met hulle die Gelofte wil herbevestig, kontak Stoffel Bester op 082 823 7652 of Pieter Bodenstein op 082 410 1655.
