Schools & sport

Laerskool Thabazimbi spog met knopies.

7 December 2018 · Platinum Bushvelder

Laerskool Thabazimbi spog met knopies.

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi het ‘n aanprysingstelsel geïmplementeer waar leerders knopies van verskillende kleure verwerf. ‘n Leerder moet ses aanprysings verdien voordat hul die eerste knopie ontvang. 


Die doel van hierdie knopies is om leerders aan te moedig om te groei tot hulle volle potensiaal. Díe jaar spog Laerskool Thabazimbi met ‘n pragtige groot groep leerders wat hulle knopies met trots dra. 

Die groep wat knopies gekry het deur die jaar.