Hope talent by Laerskool Thabazimbi

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi het op Woensdag 7 November hulle jaarlikse toekenningsaand gehou.
Baie geluk aan die volgende leerders: Taryn Stander, junior fase kultuurtoekenning vir drama; Henrux Faurie en Heleen Pienaar vir sewe jaar getroue skoolbesoek; Anchené Pretorius, netbalspeler van die jaar; Annatjie Potgieter, senior fase kultuurtoekenning vir musiek; Jadri Swanepoel, Marihanca Nell, en Paballo Magongoa vir beste vordering; Chenéll Fouché, atleet van die jaar; Izandri Joubert, dux leerder 2018 en senior fase kultuurtoekenning vir drama; Gerdro Grobler, krieketspeler van die jaar; Jarianca du Plessis, intussen fase kultuurtoekenning vir drama; Lefoko Mokoena, rugby speler van die jaar; Lené Lategan, hokkiespeler van die jaar; en Liané Thuinsman, junior fase kultuurtoekenning vir musiek.
Anke Roos, graad vier; Amy White graad vyf; en Christoff Marx, graad ses; het die hoogste akademiese gemiddeld gehaal in hul onderskeie grade. Izandri Joubert; Marilise Visser en Mirriam Michael het leerarea toekennings ontvang.
Izandri Joubert, Charles Zandberg, Marisa Meyer, Juané van Deventer, Mieké Smit, Zanélle Lottering, Chenéll Fouché, Mairlize Visser, Sumarie Marais en Ané Viljoen is ook op die ererol geplaas.
