Engeland vs SA

Op Twickenham veg Engeland tot in die laaste sekondes om die Springbokke se aanslag na aanslag af te weer en wen hierdie game 12-11. Dit was seker nou nie een van die beste toetse wat in die beroemde stadion gespeel is nie, maar die bleekbene en ou Eddie sal nie gal braak oor hierdie wen nie.
Die gewese Blou Bul coach John Mitchell was ook baie in sy noppies in sy buiging as hulpafrigter van die Ingelse. Nogal ironies dat ‘n gewese All Black coach en ‘n gewese Aussie coach nou hande gevat het om saam af te rig.
Die Bokke het gesukkel in die skrums en Marx se ingooie by die lynstane was regtig nie op internasionale standaard nie. Hulle moet hom dan eerder op flank kies en ‘n haker kry wat nie kritieke balle afstaan nie.
Die geween oor die hoogvat van Farrel op Esterhuizen het getoon dat die Springbokke nog nie gemaklik is om saam met die groot honne been te lig nie ou groene. Verloor loop soos boude met die bounce van die bol broertjie...
As Pollard se skop oor was in die 77ste minuut sou die Farrel tackle nie die voorblaaie gehaal het nie.
Die Bokke speel volgende teen die Franse in die Stade de France om 20:00 Saterdagaand.
ANDER TOETSE DIE NAWEEK
• Skotland vs Italië
• Engeland vs Nieu-Seeland... vingerleklekker!
• Ierland vs Argentinië
Nag ou groene...
