Jonsson nou beskikbaar by Obaro Northam

Northam – Obaro Northam het op 25 Oktober hulle Jonsson reeks bekend gestel. Die reeks bestaan uit persoonlike veiligheids toerusting (PPE), sowel as die stretch and legendary reeks vir boere en ‘n kleredrag reeks vir koöperatiewe besighede waarop jou eie embleem aangebring kan word.
“Die Jonsson reeks is van baie hoë gehalte en bekostigbaar,” sê bestuurder van Obaro Northam Ryno Serfontein.
Daar is ook wors gebraai en kliënte het ‘n geleentheid gehad om saam met die personeel van Obaro ‘n worsbroodjie te geniet.
