Headlines

OEFEN is medisyne

8 September 2017 · Platinum Bushvelder

OEFEN is medisyne

Thabazimbi – “Ek is geteister met gesondheidsuitdagings vir die afgelope twee jaar, wat my opnuut weer die waarde van ‘n gesonde leefstyl laat besef het,” aldus Peet van Breda. 

Gesond eet en gereeld oefen motiveer nie net beter fisieke liggaamlike funksionering nie, maar bring ook groot emosionele voordele soos om spanning te verlig, interaksie in groepsverband te kweek en sterk positiewe denke om terugslae positief te verwerk. 

Daarom hierdie groep uitsonderlike wenners in die reg! Elkeen het ‘n struikelblok van een of ander aard en wil ‘n beter lewe ly. Sommige veg om te wen teen liggaamlike uitdagings en ander wen die terminale stryd, terwyl sommiges die motivering en krag is met raad en daad. 

In kort is almal reeds bekend as uiters suksesvol op hul onderskeie vakgebiede. Díe motiverende groep is almal lede van Shape-Up Gym in Warmbadweg langs die skougronde en almal is ‘n ware inspirasie om mee saam te oefen vir ‘n beter lewe.

Met die duur mediese kostes en lewensdruk kan jy ‘n beter lewe lei deur in te skakel by ‘n oefenaktiwiteit. Geen struikelblok is te groot om te oorkom nie! Haal diep asem en maak oefen jou lewenswyse vir ‘n beter lewe.
 

Die motiverende groep is almal lede van Shape-Up Gym, van links: Dr Berna Foulds, biokinetikus; Zanie van Rensburg, Crossfit instrukteur en agtien-malige Comrades marathon atleet; Gerrie Havenga, persoonlike afrigter; Moks Pelser, maraton atleet en gym instrukteur; Peet van Breda, skopbokser en atleet; Tiba Monyeki, getroue gym lid wat ‘n voorbeeld vir die ouer garde is; en Chrissie Hodge wat ‘n heupvervanging gehad het. Voor: Stanly Schutte wat getrou gym en deur Dr Foulds bygestaan word met raad oor reg oefen en versterking en herstel van spiere.