Headlines

Kolskoot vir Thabazimbi boogklub  

8 September 2017 · Platinum Bushvelder

Kolskoot vir Thabazimbi boogklub

 

Thabazimbi – Die Thabazimbi boogklub se 3-D provinsiale boogskiet kompetisie het vroeg afgeskop op 26-27 Augustus. 
 

Hier skiet Pierre van der Walt sy pyl deur die chronograaf (spoed meter), volgens die IFAA (International Federation of Field Archers) standaarde met nie hoër as 300 vps (voet/sekonde) nie.
Herbert Maier, ‘n veteraan deelnemer, en Gerhard Snyman vind ‘n gemaklike sitplek op die bergbaan. Wat ‘n pragtige uitsig oor Thabazimbi!

Die krokodil se hart en long bly ‘n uitdaging! ‘n Paar mense moes skoon gaan pyle soek. Die binne-kol (hart) is 10 punte n die buite-kol (longe) is 8 punte. Die lyf is ‘n kwesskoot van 5 punte werd.
Van links: Dewald Oberholzer, Aart Broekhuizen, Kian en Eric Coetsee wonder op watter afstand hulle die Blesbok moet skiet. Kranige jagters in die wording!
Bobbejaan klim die berg... nee, verander maar die deuntjie na boogskuts klim die berg! 
Welpie wenners van links... Die jong klomp is bederf deur geskenke van verskeie borge: Levubu Dried Fruit, Luara Wildlife, Sink Shack, Amara Taxidermi, Ikatiseng Securiteit, Thaba Boog en Hengel en Limcroma Safari’s. 
Fraser-Roux Safari’s het  ‘n R10 000 jagpakket geskenk. Verskeie skuts het na die merk op die 2-D kameelperd geskiet. Geluk aan Dréhan en Ruahan saam met Dedré Snyman wat die jagpakket gewen het. Dankie aan Fraser-Roux Safari’s en Thaba Lesodi vir díe fantastiese prys! 
Boogskiet is ‘n gesinsport! Hannes Scheepers en sy seuns Theaan (middel) en Martin, kon saam medaljes inpalm tydens die 3-D kompetisie.