2018 RUGBYKAMPIOENSKAPPE

SA vs NZ
Op ‘n volgepakte Loftus moes duisende toeskouers toesien hoe die All Blacks met ‘n ongelooflike terugveg-poging die toets letterlik in die laaste sekondes in hul guns swaai om uiteindelik 32-30 as oorwinnaars van die veld te stap. Hierdie toets was kliphard en beide spanne het hul lywe op die spel geplaas.
Die Kiwi’s het gewys hoekom hulle die voorste span ter wêreld is met hulle beheer op die veld! Met twintig minute se speeltyd oor was Loftus in ‘n party mood soos lanklaas gesien!
Maar toe kom die aanslag van die Kiwi’s wat baie SA supporters se harte gebreek het. Om met 13-30 agter te loop en 32-30 te wen wys dit is ‘n span met groot ghoenas my maat.
Die Bokke was werklikwaar vir sestig minute in beheer van die game, maar die taktiese skuiwe van die bank af was hulle ondergang. Daarbenewens het die All Blacks plaasvervangers weer nuwe vuur in die spel geblaas en hier het Rassie en kie nog baie werk.
Daar is egter ‘n nuwe positiewe vibe wat te bespeur is in die Bokkamp wat duisende Bok ondersteuners meer gerus sal laat slaap. Vir eers hoef daar nie nou oor die All Blacks getob te word nie...
Die Bokke het ‘n jaareinde toer en gaan vier toetse in die Britse Eilande speel in November... teen die bleekbene wat wraak soek.
Nag ou groene...
