Headlines

‘NEE’ vir  vroue mishandeling!

31 August 2018 · Platinum Bushvelder

‘NEE’ vir  vroue mishandeling!

Thabazimbi – Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF), in samewerking met die Thabazimbi Spar, het ‘n suksesvolle fun-run van stapel gestuur op Saterdag 25 Augustus.

Díe aksie is spesifiek geloods vir blootstelling van Vroue Maand. 
Inskrywings het R10 beloop vir die 5km roete en R20 vir die 10km roete en sowat 200 gemeenskapslede het opgedaag. Alle gelde gaan aan die SAVF Thabazimbi vir hul barmhartige werksaamhede.  


Vir meer besonderhede oor SAVF, skakel Magda se Clerk, senior maatskaplike werker, gerus by 061 370 5643.


“Ons moet saam staan teen vroue geweld. Geweld teen vroue het verskeie vorms, en is nie uitsluitlik fisies nie. As jy in ‘n gewelddadige verhouding is, kom klop gerus aan. Ons sal jou help,” sê Magda.

 Díe aksie is spesifiek geloods vir blootstelling in Vroue Maand.
Van links: Muchane van Biljon en Tegan Theron. 
Selfs ‘Relly’ het die stappie meegemaak!  
Die Sibanda gesin het as ‘n eenheid teen vroue geweld kom stap. 
Die SAVF fun-run was ‘n reuse sukses!