DIE BESTE IN DIE WESTE

Thabazimbi – Die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidsgenootskap skou het vanjaar hul 64ste bestaansjaar gevier.
Die inwoners van Thabazimbi is trots op die feit dat hierdie plattelandse skou steeds met groot sukses aangebied word.
Die landbouskou het op 27 Julie sowat 400 beeste, meer as 150 skape en bokke ten toon gestel, asook die jaarlikse skou wildveiling aangebied.
