Headlines

Dapper soldaatjie verloor haar stryd teen kanker

13 July 2018 · Platinum Bushvelder

Dapper soldaatjie verloor haar stryd teen kanker

Swartklip – Die Swartklip gemeenskap het met swaar harte op Saterdag 7 Julie afskeid geneem van die nege-jarige Tinelle Moolman, ‘n dapper meisie wat die stryd teen kanker verloor het.

 
“Sy was n borrelende, sprankelende dogtertjie wat altyd soveel liefde gehad het om uit te deel. Haar plekkie is leeg, maar ons weet sy is nou veilig in Jesus se arms, sonder pyn.

Dit is my nagedagtenis aan my mooie dogtertjie,” aldus die bewoë Sharon Moolman, Tinelle se mamma. Onderhoof van Laerskool Platina Primary Lottie van der Westhuizen sê:

“Dit is nooit maklik om totsiens te sê vir ‘n geliefde nie. Tinelle, almal by Laerskool Platina Primary gaan jou mis, veral jou besondere mooi natuur en die vegtertjie wat jy was, vêr bokant jou ouderdom. Ons diepste innige meegevoel met die familie en geliefdes.” 


Ons betuig ons innige meegevoel aan Tinelle se moeder Sharon, haar familie, vriende en maats.

Wyle Tinelle Moolman