Kom ons rol sáám moue op!

Dwaalboom – Rozelle Bester het vroeër die maand ‘n skoonmaakprojek geloods in die Dwaalboom gemeenskap. Twee skole van Dwaalboom het moue opgerol en kom help om van rommel ontslae te raak.
Díe projek is in ‘n taamlike besoedelde area van stapel gestuur, en die is nou sommer weer ‘n lus vir die oog. Rozelle Bester, ‘n plaaslike model en verteenwoordiger van die Miss Earth SA skoonheidskompetisie, het sommer baie planne in die mou. “Ons wil met die projek meer bewustheid skep sodat mense die omgewing beskerm vir die nageslag.
Ons gaan nog skole besoek om die jongklomp te leer dat almal ‘n verskil kan maak,” sê Rozelle in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder.
