Headlines

Ons sê NEE!

1 September 2017 · Platinum Bushvelder

Ons sê NEE!

Thabazimbi – Op 28 Augustus het die gemeenskap saamgedrom op die pawiljoene van Hoërskool Frikkie Meyer met die hoop dat Thabazimbi weer soos ouds kan word.  

Jo Black het ‘n oortuigende en inspirerende boodskap van hoop na vore gebring terwyl Jacques Blaauw, voorsitter van die Thabazimbi Sakekamer, die rol van die sakekamer, die Thabazimbi belastingbetalersvereniging en die Thabazimbi munisipaliteit uitgelig het. “Ons almal werk hard saam om die huidige probleme van Thabazimbi die hok te slaan,” aldus Blaauw. 

“Thabazimbi moet ‘n eenheid word. Ons bosveldmense moet saamwerk en op ons regte staan,” sê Tokkie Swanepoel van die Thabazimbi belastingbetalersvereniging in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant. “Wanneer jy vir jou dienste betaal, moet jy dit kry! Ons sê NEE vir Eskom!” aldus Swanepoel. 

Daar is tans ‘n petisie in die dorp en is verkrygbaar by verskeie winkels in Thabazimbi. Die petisie sal op 3 September formeel oorhandig word aan Eskom. “Ons moet baklei vir die dienste waarvoor ons betaal. Die impak van die beurtkrag wat voorlê sal ons swaar tref.”

“Ons het ieder en elkeen se handtekening nodig!” Hiermee die besighede waar die vorms beskikbaar is: 

  • Colour Roots Haarsalon (Melinda & Lee Anne)
  • Busicor Petshop
  • Kransberg Petroleum (ou BP)
  • Bulhoek Slaghuis
  • Blockbusters video winkel
  • Hollander Spareshop
  • Medhof Apteek
  • Thabazimbi Sport
  • Sjarmant Boutique
  • S&T Màkelaars 
  • Tokkie Swanepoel Boekhouers

     
    Thinus Venter het die gaste welkom geheet en ‘n lied of twee gesing om die geleentheid af te skop.
    Ds JZ de Jager het die aand met skriflesing en gebed geopen.
    Van links: Tokkie Swanepoel van die Thabazimbi Belasting Betalers Vereniging by Jo Black.
    Jo Black is ‘n musikant en ‘n ou met ‘n passie vir mense.
    Henk Havenga van Thabazimbi Krisis Beheer.