Headlines

Help TAR om diere te help

20 April 2018 · Platinum Bushvelder

Help TAR om diere te help

Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR). TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien. Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasie om beter vir die brakkies te sorg. Kontak hul op 084-885 6487, of besoek hul Facebookblad by https://www.facebook.com/tbzanimalrescue/.

Die volgende hondjies is beskikbaar vir aanneming:

Jackie is ‘n junior tefie, sowat twee jaar oud. Sy sal baie liefde aan ‘n gesin kan gee. Hy is ongelukkig nie goed met kinders nie.
Snoepie is ‘n lieflike twee jaar oue x-breed wat goed oor die weg met ouer kinders sal kom. Sy is ń tefie en is op en wakker.
Ziggy is ‘n x-breed yorkie reun van ongeveer een jaar. Hy sal oor die weg kom met ander viervoete en katte. Baie lewendig en sal lekker met die kinders baljaar.