Headlines

Nuwe Mediclinic vorder flink!

25 August 2017 · Platinum Bushvelder

Nuwe Mediclinic vorder flink!

Thabazimbi – Ons dorp kry ‘n nuwe hospitaal. Daar word beoog dat die Mediclinic teen Desember 2017 sal klaar wees. Die Platinum Bushvelder koerant het die voorreg gehad om te gaan loer die week! 

Agter van links: Nico Schoeman, argitek; Johan Geersema, streeksbestuurder van Mediclinic; Len van der Walt, finansiële bestuurder; Sarel Marais, hoofkontrakteur van Mahlangeni; en Charl Marais, ook een van die hoofkontrakteurs van Mahangeni. Voor van links: Ettiene Marais, hoofkontrakteur; Dickon Wals, tegniese bestuurder; Martjie du Preez, bestuurder van Mediclinic Thabazimbi; Izak Richter, tegniese bestuurder; Willem du Plessis, voorsitter van direksie; en Pieter de Kock, direkteur Mediclinic Thabazimbi.

Daar sal ‘n laminere vloei teater, sessie kamers vir spesialiste en dokters en ‘n toetskamer vir inspeksie en ‘n 3-bed hoёsorgeenheid wees. 

Bouwerk vorder fluks!

Daar is ook ‘n twee uur Brandzone. Sekere reëls geld vir enige plek waar jy met ‘n persoon se lewe werk, veral waar ‘n persoon nie mobiel is nie. Indien iets gebeur en ‘n persoon moet vinnig uitkom, moet die persoon dus naby aan ‘n ontsnaproete wees.

Bouers hard aan die werk om die nuwe Mediclinic teen Desember klaar te hê.

Die twee uur brandzone beteken dat jy twee ure gevaar teen die vuur gespaar word. Hierdie is geldig by die ICU, kraamsaal en teaters.

Johann Geertsema,  streeksbestuurder, sê: “Ek is baie opgewonde. Ons kon nie by die ou hospitaal uitbrei nie, so dit is vir ons almal ‘n groot opwinding om hier van voor af te kan begin. Dit sou vir ons teveel gekos het om by die ou hospitaal aan te bou. Dus gaan ons die ou hospitaal verkoop.”

“Ek voel baie positief. Die nuwe hospitaal sal ons help om alledaagse uitdagings beter te kan hanteer. Selfs die spasie, wat aansienlik meer is, help alreeds baie,” aldus Martjie du Preez, hospitaal bestuurder.