Malaria eis nog ‘n lewe in Northam

Northam – Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Dehard Cruze deel. Cruze is gediagnoseer met serebrale malaria en is oorlede op 31 Maart in Thabazimbi.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê inwoners van malaria oordraggebiede in Limpopo en Mpumalanga moet ‘n bloedtoets doen as hulle koors of griepagtige simptome toon. Hoë getalle malaria gevalle word in dele van Limpopo en Mpumalanga gerapporteer.
Ons betuig ons innige meegevoel aan Cruze se vriende en familie.
Dood-Malaria.jpg
