Schools & sport

Oud-Frikkie brul teen die All Blacks

28 August 2026 · Platinum Bushvelder

Oud-Frikkie brul teen die All Blacks

RF Schoeman het as plaasvervanger vir die Leeus uitgedraf tydens hul onvergeetlike kragmeting teen die All Blacks. Die oud-Frikkie het sy skool op een van rugby se grootste verhoë verteenwoordig. Welgedaan, RF – die Frikkies staan bankvas agter jou! #HFMAlumni

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – RF Schoeman, ’n oudleerder van Hoërskool Frikkie Meyer, het Dinsdagaand, 25 Augustus 2026, in die Leeus-trui teen die wêreldbekende All Blacks uitgedraf.

Die Leeus het alle verwagtinge oortref en die besoekers behoorlik laat sweet. Hulle het kort ná rustyd met 35-17 voorgeloop, maar die All Blacks het teruggeveg en uiteindelik ’n opwindende kragmeting op Ellispark met 41-35 beklink.