Schools & sport

Ruben reg vir Verre Noord-sewesaksie

28 August 2026 · Platinum Bushvelder

Ruben reg vir Verre Noord-sewesaksie

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Baie geluk aan Ruben van Wyngaard, ’n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, wat deur die afrigters vir die Verre Noord o.16-sewesspan gekies is.

Die span neem van 29 September tot 3 Oktober aan die Bokkieweek Somerweek by Hoërskool Oos-Moot in Pretoria deel. Dié besondere prestasie getuig van Ruben se talent en harde werk.