Blitsig tot die einde!

Vinnig op hul voete en vol gees – HFM se netbalspelers gee alles tydens die Limpopo Fast Five-toernooi in Pietersburg.
Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se netbalspelers het op Vrydag en Saterdag, 4 en 5 September 2026, hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe hulle aan die Limpopo Fast Five-toernooi in Pietersburg (Polokwane) deelgeneem het.
HFM is deur vier spanne verteenwoordig.
Die spelers het met hope energie, goeie gees en bewonderenswaardige deursettingsvermoë op die baan uitgeblink.
Die toernooi was ’n gepaste afsluiting van ’n lang en veeleisende netbalseisoen.
Baie geluk aan elke speler met julle harde werk, toewyding en die trots waarmee julle HFM deur die jaar verteenwoordig het.
Julle skool en ondersteuners is besonder trots op julle!
