Schools & sport

Dubbele krieketsege teen Ellisras!

18 September 2026 · Platinum Bushvelder

Dubbele krieketsege teen Ellisras!

Die Eerste Dogterskrieketspan vier hul indrukwekkende oorwinning van 124 lopies oor Hoërskool Ellisras.

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Ons plaaslike krieketspanne het op Maandag 14 September 2026 skitterende oorwinnings teen Hoërskool Ellisras behaal.

Die Eerste Dogterskrieketspan het by Laerskool Thabazimbi eerste gekolf en 155/2 in 20 boulbeurte aangeteken. Nicole Terblanche het uitgeblink met ’n onoorwonne 74 lopies, ondersteun deur Mahlako Mamabolo (18) en Pumi Maseko (12). Met die bal het Micka vier paaltjies vir slegs ses lopies geneem, terwyl Nicole twee paaltjies sonder ’n lopie afgestaan het. Sune du Plessis het 2/12 geneem. Ellisras is vir 31 uitgeboul, wat ’n indrukwekkende oorwinning van 124 lopies verseker het.

Die o.15-span het op Ellisras ’n reuse 267/4 aangeteken, met Julian Olivier wat 94 lopies gemoker het. Dihan Lensley het 43 en Cobus Vosloo 32 lopies bygedra. Cobus (4/13), Julian (3/10) en Malose Masalesa (2/35) het daarna Ellisras vir 97 uitgeboul en ’n oorwinning van 170 lopies beklink.

Sterkte aan die o.15-span teen Nylstroom en die Eerste Seunspan teen Hoërskool Hans Strijdom!

Die o.15-seunskrieketspan het ’n wegholoorwinning van 170 lopies oor Hoërskool Ellisras behaal.
Die o.15-seunskrieketspan het ’n wegholoorwinning van 170 lopies oor Hoërskool Ellisras behaal.