Dankie vir besondere sorg
[Skrywe aan die redakteur]
Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Ek wil graag my opregte dank uitspreek teenoor die personeel van die Thabazimbi Staatshospitaal vir hulle wonderlike, professionele diens en die empatie waarmee hulle my ma, Hettie Venter, behandel het.
Van die dame wat die ambulans uitgestuur het en die twee ambulanspersoneellede, tot die man wat die lêers by die hospitaal oopmaak en die dierbare personeel in Ongevalle en Chirurgie – elkeen het ’n verskil gemaak.
Julle is werklik fantasties. Baie dankie vir julle sorg, vriendelikheid en toewyding.
Heila Diedericks
