Thaba se fraaiste cowboys!

Thabazimbi – Elke jaar by die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidgenootskap Skou, is die baba fotokompetisie ‘n groot trekpleister!
Díe kompetisie is aangebied deur Medhof apteek Thabazimbi.
Hierdie jaar het die mammas en pappas hul kleingoed te fraai opgetooi naas die tema ‘Wild Wild West’.
“Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om al ons borge te bedank vir die geleentheid,” aldus Danie van Niekerk, eienaar van Medhof apteek Thabazimbi. “Die kompetisie was ‘n reuse sukses en die beoordelaars moes hard les opsê om te kies tussen almal!”
Op Saterdag, 29 Julie, is die wenners van elke kategorie aangewys. Hier is hulle foto’s!
Fotos beskikbaar op die Platinum Bushvelder Facebook blad. Kliek hier.
