VLU Northam werk met alkohol-verf

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag, 15 Februarie, vergader.
Alkohol-verf is gebruik om sleutelhouers van metaal wasters te maak. Hierdie tegniek word gebruik om agtergrondkleure aan verskillende elemente te gee soos papier, glas en metaal.
Karin Swanepoel, Tersia Coetzee en Marinda Gagiano is ook as nuwe lede verwelkom.
Vir meer inligting in verband met die VLU Northam-tak, kontak gerus Chantell Steynberg, skakelbeampte, by 061-326 2724.
