Headlines

Atlete by bestek!

9 February 2018 · Platinum Bushvelder

Atlete by bestek!

Thabazimbi – Toe die son op Vrydag oggend, 26 Januarie, agter die wolke wegkruip, het die leerders van  Laerskool Thabazimbi besluit dat niks hulle gaan stuit om hul staal te kom wys nie. 


Energieke leerders, van graad 1 tot 7, het hul energie vrye teuels gegee op die atletiekbaan. ‘n Paar spreekwoordelike plase is gekoop díe dag – die onnies moes behoorlik bontstaan met ‘n pleister en ‘n drukkie! 


Die geleentheid was goed ondersteun deur ouers wat hul kleingoed kom aanhits het. Laerskool Thabazimbi bedank graag ieder en elkeen wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak. 

Die graad 1 manne wys van watter staal hulle gemaak is terwyl hulle mik om eerste die wenstreep te haal van die 60m resies.
Hier neem graad 5 leerders deel aan hoogspring.
Só moet dit mos lyk! Hier neem die graad 5 leerders deel aan gewigstoot.
Pret en plesier was aan die voortou tydens vanjaar se Laerskool Thabazimbi interhuis.