Community

‘n Aangename bederfie

25 November 2022 · Platinum Bushvelder

‘n Aangename bederfie

Thabazimbi – Marietjie Theunissen en Marinda Engelbrecht het besluit om die inwoners van Tambotie Ouetehuis te bederf op Saterdag 19 November 2022. 


Marinda Engelbrecht se skoonma was altyd betrokke by Tambotie en saam het sy en Marietjie besluit om aan te hou met wat haar skoonma begin het. Voor sy haar oë kon uitvee, was ‘n hele taakspan saamgespan.


Marinda Engelbrecht, Alecia Geel, en Angelique Labuschagne het inwoners van die Tamboti Ouetehuis bederf deur hul naels te doen en gepaard met ‘n voet massering. Clarisse van Zyl en Marietjie het hul hulle hare gewas en geblaas.


Hulle het ook boeke, water, koeldrank, en versnaperings soos vrugte, twee terte en ‘n koek saamgevat wat geborg was.

“Ons het dit so geniet en sal graag weer wil terug gaan. Ek wil uit my hart uit dankie sê vir elke liewe donasie en almal wat betrokke was,” aldus Marinda.


Sou iemand enige donasie wil maak wat hul aan Tambotie kan oorhandig, kontak Marinda op 061 939 7750.

Heerlike versnaperinge vir Tambotie Ouetehuis! 
Agter van links: Angelique Labuschagne, Clarisse van Zyl, en Marinda Engelbrecht. Voor van links: Marietjie Theunissen en Alecia Geel.

#FosteringASenseOfCommunity