Voortrekker Penkoppe ontvang Voorslag-toekennings

Thabazimbi – Baie geluk aan die Ysterberg Voortrekkers se Graad 7 Penkoppe, Wiaan Croukamp,
Raymond Wolfaardt, en Conrad Res wat tydens ‘n Gala-geleentheid by die Voortrekkermonument hul Voorslag-toekennings ontvang het op 22 Oktober 2022.
Die Voortrekkers is ‘n Afrikaner jeugorganisasie wat gestig is met die doel om kinders meer te leer van Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap. ‘Penkop’ is ‘n Voortrekker term.
Dit verwys na die jeugorganisasie se jong seuns, wat vergelyk word met jong blouwildebees bulletjies wat pronkerig baljaar, nes die Voortrekker Penkoppe!
#FosteringASenseOfCommunity
