Headlines

HFM SKITTER

19 January 2018 · Platinum Bushvelder

HFM SKITTER

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se klas van 2017 se graad 12 leerlinge het puik presteer. Hiermee die uitslae: 

  • Graad 12 slaagpersentasie: 98.64%
  • 145 matrieks slaag uit ‘n totaal van 147
  • Beste slaag persentasie van Oud Model C Skole in die Waterberg-distrik 
  • Slaagsyfer: graad 12 Afrikaanssprekende groep: 100% en Engelssprekende groep: 90%
  • 155 A simbole, 200 B simbole en 258 C simbole 
  • Twee leerders verwerf 7 A simbole, 3 leerders 6 A simbole, 5 leerders 5 A simbole en 2 leerders met 4 A simbole
  • 100% Slaagsyfer in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, English First Additional Language, IT, RTT, Wiskundige Geletterdheid, Rekeningkunde, Lewensoriëntering, Elektriese Tegnologie, Siviele Tegnologie, IGO, Geskiedenis, Gasvryheidstudies, Lewenswetenskappe, Toerisme en Visuele Kuns. 


HFM verwerf hoogste persentasie in Distrik Waterberg

  • Beste Kring in Waterberg met ‘n slaagpersentasie van 187/291 met 83%
  • Beste Kring m.b.t. Baccalaureus vrystelling (universiteitstoelating) in Waterberg met 83,11%
  • Ananda Lategan – Nr 1 Akademiese Leerder in Waterberg
  • Marelie Snyman – Nr 5 Akademiese Leerder in Waterberg
  • Wessel Kruger – Nr 10 Akademiese Leerder in Waterberg


Limpopo Provinsiale Toekennings

  • Top 20 Skool – Baccalaureus vrystelling (universiteitstoelating)
  • Top 17 Skool in die provinsie – Baccalaureus vrystelling (universiteitstoelating) 
  • “As skool wil ons elke leerder, ouer en onderwyser gelukwens met hierdie mooi prestasies. Hoërskool Frikkie Meyer presteer jaarliks baie goed en die skoolgemeenskap kan baie trots wees op die skool, die personeel en die leerders,” aldus mnr Colin Campbell, hoof.
Marlie Snyman spog met 7 A’s
CaptionAnanda Lategan spog met 7 A’s
Van links: Bernice Vermaak, Ananda Lategan, Wessel Kruger, Eseias Lamprecht, en Bianca Janse van Rensburg.
Van links: me Marlien Pieters, mnr Andre Oelofse, mnr Hendrik Buys, mnr Colin Campbell (hoof), mnr Tiaan Schmidt, en me Elmien Fouche.