Hou jou kinders veilig

Thabazimbi – Dis algemene kennis dat die laaste twee maande van jaar swaar belaai is met meer padongelukke, misdaad en donker verwoesting as die res van die jaar.
En dis met ‘n swaar gemoed dat ons selfs in ons kleine ou Thabazimbi ons kinders moet veilig hou asof ons in die stad bly.
- Moet nooit jou kinders alleen by die huis los nie. Ook nie alleen in die kar wanneer jy vinnig by die winkel inglip nie – al is dit by die vulstasie. Kinders word ontvoer in ‘n oogwink. Iets dergeliks kan enige tyd, enige plek gebeur – en voor jy jou oë uitvee is die koeël deur die kerk.
- Maak seker jou kinders ken beide ouers se nommers.
- Wanneer julle in die dorp is, moenie dat hulle vooruit hol nie. Jou oog moet deurentyd op hulle wees. Vir die jongklomp is die harnassie om die lyfie ‘n goeie veiligheidsmaatreël.
- Wanneer kinders vreemdelinge opmerk by die huis, moet hulle dadelik bohaai maak.
- Maak seker deure en hekke is toe en gesluit te alle tye.
- Moenie dat kinders buite speel sonder toesig nie.
Mens sal dink die reëls is net té rof... maar jy wil nie die ouer wees wat ‘n kind in sy toesig verloor nie.
Informasie: Petrus van Breda, GPF sektorleier
#FosteringASenseOfCommunity
