Community

HelpHanna-projek

6 November 2021 · Platinum Bushvelder

HelpHanna-projek

Thabazimbi – In menige skole is daar jong meisies wat tot 55 dae per jaar misloop omdat hulle nie sanitêre produkte het om tydens hul maandstonde te gebruik nie. 


Die #HelpHanna-projek is in Vrouemaand deur Helpende Hand geloods om bewustheid van hierdie probleem te skep. Die projek skenk spesiale Hanna-pakkies met die nodige sanitêre produkte, Wet Wipes en ‘n antiperspirant aan skole wat dit dan aan behoeftige meisies uitdeel.


Ter ondersteuning van plaaslike skole is Hanna-pakkies aan Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) oorhandig op Donderdag 29 Oktober.


Hoe kan jy betrokke raak?

  • Moedig die meisies in jou lewe aan om die vrymoedigheid te hê om hul sanitêre behoeftes te bespreek.
  • SMS die woord “helphanna” na 38969 en skenk R10 om meisies in die skool te hou.
  • Besoek helphanna.co.za en maak ‘n skenking om Helpende Hand te help om Hanna-pakkies aan elke skool in die land te voorsien.

Vir meer inligting, skakel Michelle Burger by 012 644 4390 of stuur e-pos na michelle@helpendehand.co.za.

Van links: Solidariteit Helpende Hand gemeenskapsontwikkeling verteenwoordiger Carol Ankiewicz, HFM skoolberader Thalitha van Wyk, en Solidariteit Helpende Hand Northam en Thabazimbi tak lid Yolandi Munnik.

#FosteringASenseOfCommunity