Veg vir Wiek

Thabazimbi – Wikus Loots, ‘n Thabazimbi-inwoner, is op Maandag 18 Oktober met kritieke hartversaking gediagnoseer.
Dokters het bevind dat die jong man van 33, in die fleur van sy lewe, ‘n gat in sy hart het en dat een van sy hartkamers só geswel het, dat sy hart nie reg funksioneer nie. ‘n Hartoorplanting lyk op die stadium na die uitweg.
Hy moet nou gereeld gejaag word na privaat hospitale se ongevalle eenheid waar elke besoek hom R3,000 kos omdat hy nie oor ‘n mediesefonds beskik nie. Indien hy opgeneem moet word, raak die bedrag dag vir dag meer.
Deur genade van bo, het hy op 28 Oktober bevestiging gekry dat hy in beginsel aanvaar is om geassesseer te word deur die kardiologiese afdeling van Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad.
Sy afspraak is geskeduleer vir 29 November, maar die familie moet dringend fondse bymekaar maak om te verseker dat hy daar kan kom.
Intussen kan daar moontlik ook nog mediese kostes ophoop aangesien hy soms inmekaar sak en sukkel om asem te haal en moet gevolglik mediese hulp kry.
Indien jy ‘n bydrae wil maak vir Wikus se mediese onkostes of hom kan help om in die Kaap te kom, kontak sy suster Anita van Deventer op 073 312 4663.
#FosteringASenseOfCommunity
