Medhof Apteek vaksineer 2,000ste pasiënt

Thabazimbi – Medhof Apteek het op 14 Oktober ‘n indrukwekkende mylpaal bereik – hul 2,000ste pasiënt is ingeënt teen Covid-19. Die pasiënt, of eintlik paartjie, is Charl Deysel en Cornel Deysel.
Cornel is ‘n nieroorplantingspasiënt en gebruik tans immuunonderdrukkers. “Sy het eers haar huiswerk noukeurig gedoen en haar dokter geraadpleeg oor die Covid-19 vaksine, aldus haar mediese kondisie,”
sê Medhof Apteek bestuurder Driansu van der Nest. Hierdie was Cornel en Charl se tweede inenting teen die virus.
“Ek moedig mense aan om hul Covid-19 vaksines te kry. En hier by Medhof Apteek is die diens van topgehalte. Suster Woest het ons flink en professioneel gehelp. In haar behendige hande het ek nie eens die naald gevoel nie!” sê Cornel.
#FosteringASenseOfCommunity
