Community

Dankbare waardering aan hul wat weg is [Skrywe aan die redakteur]

31 August 2021 · Platinum Bushvelder

Dankbare waardering aan hul wat weg is [Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Mens kan nie onaangeraak wees deur die groot verlies aan lewens wat Thabazimbiërs die laaste tyd beleef het nie. Vergun ons tog die geleentheid om net ‘n oomblik ons hartseer en empatie te betoon aan almal wat ‘n geliefde in hierdie laaste tyd verloor het.
Hierdie mense wat gesterf het, het op een of ander manier ons pad gekruis, al was dit meestal net ‘n groet in die verbygaan. Tóg was ons diep bewus van hul OMGEE VIR ANDER en die GROOT VERSKIL wat elkeen op sy of haar beskeie manier gemaak het in ons gemeenskap.
DANKIE!   
Dankie dat julle betermakers was. Dankie dat julle toegelaat het dat stukkies van Jesus in julle lewens gestalte gevind het. Dankie dat julle die deel wat aan julle toevertrou was, verbeter en uitgebou het, sodat die nageslag verder op dít wat julle tot stand gebring het, kan bou.
Ons aardse lewe is gou verby. Dankie tog vir die HOOP op ‘n ewige lewe wat wag saam met Jesus vir die wat in Hom glo. Mag elke GEEL LAP in ons dorp ons herinner dat as ons ons hoop in Christus stel, ons nie teleurgesteld sal staan nie.
Ons sien daarna uit om ‘n ewigheid saam met julle deur te bring wanneer ook ons wedloop voltooi is. Jul plekke is leeg hier in Thabazimbi en ons dink met dankbare waardering terug aan elkeen van julle. 
Groete
Die Kruismed span

In tere herinnering aan...
Marie Steenekamp, Meisie Stemmet, Ewald Botha, Vic Wentzel, Ina Fourie, Jan Trichardt, Ertjies de Witt, Mariena van der Wateren; Johan Young, Eileen Vorster, Chrisna du Plessis, Anita Barnard, Dieta Bronkhorst, Leon van Rheede van Oudshoorn, Tom Miller, Piet Strydom, Willie van Zyl, Buks Schlebusch, Moks Pelser, Basjan Dumond, Jaco Coetzee, Deon van der Merwe, Alwyn Hefer, Billy en Lizzie Wilkenson, Erica Lee, Hannes Koekemoer, Joey Koekemoer, Sus Rohrbeck, Henna Naude, Joyce du Preez, Piet Strydom, Tokkie Versfeld, Marie du Buys, Estelle du Buys Theron, Willie van Zyl, Buks Schlebusch, Daan Lotheringen, Ewald Botha, Annetjie Fourie, Barry Smalberger, Victor Wentzel, Fred O’Brien, Sarie Botha...