Community

In Remembrance

13 August 2021 · Platinum Bushvelder

In Remembrance

Piet Strydom het diep spore in ons gemeenskap getrap. Hy is gebore op 19 April 1946 en na ‘n lang stryd met kanker, is hy op Maandag 9 Augustus oorlede. Piet is met sy groot liefde Ems Strydom getroud op 11 September 1979, en hulle sou op 11 September 50 jaar getroud gewees het! Piet was ‘n gesinsman en het baie gespog oor sy kinders en kleinkinders.

Een van sy ander passies was sy Orpington hoeders waarmee Piet telkemale met pryse gespog het. Sy geselsies en idees sal nooit vergeet word nie en hy het ‘n passie gehad om werklik ‘n verskil te maak. As boer was Piet betrokke by Northam Boereverenigging.

Piet was hoofsweep by Thabazimbi Munisipaliteit en is verkies as raadslid in 2011, en weer in 2016. Vir beide hierdie termyne was hy raadslid vir die Demokratiese Alliansie tot en met sy afsterwe. Jy gaan regtig gemis word ou Piet… rus sag. Ons innige meegevoel vir Ems, die kinders, familie en vriende.

“We will never forget Piet’s positive attitude, humbleness and humour. The community was always close to his heart as was evident by the inputs he gave in meetings.

The well-being of the community was important to councillor Strydom; this was always apparent when he opened council meetings with prayer.

On behalf of the Thabazimbi Local Municipality council, staff, community and all stakeholders, we share the pain with his family and friends and pay homage to this selfless leader who lived to serve the people. May the soul of Oom Piet Strydom rest in peace.”  


Condolence letter from the speaker, Thane Hearn on behalf of Thabazimbi Local Municipality

 

Jacomien (Terblanché) Botha is op Dinsdag 10 Augustus oorlede. Sy was wel bekend in die Thabazimbi, Northam, Setaria en Amandelbult gemeenskap waar sy vir baie jare gewoon het. As ‘n oud-inwoner van Thabazimbi was sy ‘n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer. In 2013 het sy na Brits verhuis waar sy gewoon het tot haar afsterwe. 


Sy los haar drie dogters, kleinkind, haar verloofde en susters agter. Familie en vriende wat kontak verloor het met Jacomien deur die jare word gevra om asseblief met haar dogter, Jacki Lategan kontak te maak op 060 951 0225. Die familie sal graag van hul ma se vervreemde vriende en familie wil hoor. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak  word.

 

Berthus Johannes Schlebusch, beter bekend as Buks, is op Sondag 1 Augustus oorlede. Op die ouderdom van 58 laat hy sy twee dogters en vier kleinkinders agter. Buks sal altyd onthou was as iemand wat ‘n glimlag as deel van sy daaglikse uitrustings gedra het.

Hy was altyd gereed met raad en sal gemis word deur sy familie en vriende. Buks se roudiens sal op 13 Augustus vanuit die NG Kerk Thabazimbi plaasvind.