Koekelekoo...

Thabazimbi – Thabazimbi Apiesdoring Karnaval se dieregeluid-namaak kompetisie is al ‘n jarelange tradisie in die gemeenskap. Weens Covid-19 kon die karnaval nog nie weer plaasvind nie.
Die het egter nie die organiseerders gestop om toe te sien dat die tradisie voortduur nie en die 2021 kompetisie is aanlyn gehou. Die geluid vir dié jaar was ‘n hoenderhaan en deelnemers het so gekraai dat selfs die bure na die plaas verlang het.
Die wenners is op Saterdag 7 Augustus aangewys. Yvette Sousa van Pretoria het koning gekraai met haar eerste prys. Net ‘n hoendertreetjie agter haar was Timmy Maher van Thabazimbi en die derde prys het gegaan aan Rudolf Dreyer van Thabazimbi. Baie dankie aan Northam Toyota wat die borg en vennoot was in die kompetisie.
