Die pes siekte [Skrywe aan die redakteur]
![Die pes siekte
[Skrywe aan die redakteur]](/img/articles/Die-pes-siekte.gif)
Thabazimbi – My hart breek vir die geliefdes van elke mens wat gesterf het in ons Thaba gemeenskap. Hulle was hartsmense, hardwerkende mense en betrokke in ons gemeenskap. Ek treur oor die groot verlies aan kundigheid en kennis wat verlore is.
Aan die ander kant van die spektrum is daar soveel wat die pes siekte oorleef het. Stadig maar seker herstel hulle en gaan aan met hul lewens. Dan is daar ook ‘n driehoek-situasie waar familie en vriende agterbly... Treur oor die verlies van broodwinners en die ewige gemis van geliefdes.
En dan ook die gesondheidswerkers wat onbaatsugtig blootgestel word aan die pes siekte. Dokters, verpleeg personeel, skoonmakers en toetssentrums vir Covid-19. Ambulanspersoneel en selfs helikopter vlieëniers wat bystaan om hulp te verleen.
Ek wil graag dankie sê vir almal in ons plaaslike hospitale, klinieke en selfs apteekpersoneel wat raad gee en bystaan met medikasie – en vir elkeen wat volhou om die ekonomie in ons omgewing aan die gang te hou.
DANKIE MENSE! MAG DIE HERE ONS GENADIG WEES!
Oom Mamba
