In remembrance

Eileen Vorster was ‘n onbaatsugtige, liefdevolle vrou en haar dood op Saterdag 3 Julie is ‘n groot verlies vir almal wat haar geken het.
Haar roudiens het op 8 Julie vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, Vliegepoort, plaasgevind en diegene wat wou bywoon kon dit vanuit hul voertuig doen. Sy laat haar ouers, twee susters, man en drie kinders agter.
Pieter Wouter Douglas van Greunen, meer bekend as ‘Dougie’ onder dié wat hom goed geken het, is op Maandag 28 Junie oorlede.
Hy was vir 11 jaar deel van die Swartklip gemeenskap. Familie was vir Dougie alles en sy gunsteling tydverdryf was om kwaliteit tyd saam met hulle te spandeer.
As hy nie saam met sy familie was nie, het hy graag sy tweede passie uitgeleef – visvang. Sy dood los ‘n groot leemte in die harte van sy familie en vriende. Die roudiens het op 6 Julie plaasgevind en bywoning kon net op uitnodiging geskied.
