Headlines

Konsert by Spitskop Special Needs School

8 December 2017 · Platinum Bushvelder

Konsert by Spitskop Special Needs School

Thabazimbi – Daar was geen keer aan mammas, pappas, oumas en oupas se trane van geluk, toe die jongklomp van Spitskop Special Needs School hul opvoerings gelewer het nie! Díe spesiale dag was hul jaarlikse konsert gehou by die Hervormde Kerk op Donderdag, 23 November. 

“Ons bied met trots ons jaarlikse konsert aan om te wys hoe ons leerders gevorder het deur die jaar!” aldus Salomien Snyman van die skool. “Ons is dankbaar vir almal se bydrae gedurende die jaar en sien uit na 2018!”  Die Spitskop Special Needs School in Thabazimbi het in Februarie 2013 hul deure oopgemaak as ‘n nie-winsgewende organisasie. Díe skool bied sorg, stimulasie en opvoeding aan kinders met deurdringende ontwikkelingsversteurings byvoorbeeld Outisme, Downsindroom, kinders met breinskade, serebrale gestremdheid, leer hindernisse en ander uitdagings wat normale ontwikkeling belemmer. 

Die skool bied ‘n holistiese benadering tot die jongklomp om hul unieke uitdagings te hanteer ter ontwikkeling van individuele potensiaal. 

Lafras Marais en Melissa Seyffert lewer ‘n nommertjie vir almal.
Ds. Hennie van der Linde en Salomien Snyman. Ds van der Linde bedank almal van die skool vir al hulle geduld en harde werk met hierdie spesiale kindertjies vanjaar.
Hier is die jolige kinders en personeel van die Spitskop Special Needs School.
Jan Davel, tesourier by Spitskop Special Needs School, gedurende sy toespraak.
Hier staan juffrou Ilanorah Smit by ‘n groepie kleinspan leerders wat ook ‘n item gelewer het.