Headlines

Totsiens 2017!

8 December 2017 · Platinum Bushvelder

Totsiens 2017!

Thabazimbi/ Northam – Soos wat 2017 sy laaste stoom afblaas en ons asem skep voor die nuwe jaar, wil ons hier by die Platinum Bushvelder koerant graag ‘n oomblik vat om die jaar te bepeins. 

Dit was beslis ‘n jaar wat uitstaan, vanaf die uiterste hittegolwe tot enorme opbrengste by wildsveilings. Van elektrisiteit krisisse wat erge kopsere gegee het, veldbrande in ons omgewing en ons blink skool prestasies... 2017 het ons beslis partymaal maak naels kou! 

Ons het ‘n paar gewildes in ons kontrei gehad met ons immer gewilde feeste, maar so moes ons ook afskeid neem van ‘n paar ou legendes. Al die mense wat ons verlaat het in 2017 sal gemis word.

Ten spyte van al die op- en af’s wat 2017 ingehou het, was dit vir ons ‘n suksesvolle jaar en ons sou dit beslis nie kon doen sonder jul ondersteuning, insette en terugvoer nie. Vir ieder en elke leser en kliënt; baie dankie vir jul ondersteuning.

Indien julle weggaan oor hierdie kersseisoen, wees asseblief versigtig op die paaie en neem gereelde ruskanse langs die pad. Indien julle tuisbly, vat sommer meer ruskanse!

Die Platinum Bushvelder koerant se Thabazimbi en Northam kantore sal gesluit wees vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018. Hou gerus ons FaceBook en webblad dop vir enige brekende nuus oor hierdie tydperk.

Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar!

Len Lombard, eienaar van Platinum Bushvelder 
“Ons is geseën om die 2017 pad saam met julle te kon stap. Ek sien uit na 2018! Hou die Here eerste in alles wat julle aanpak! Mag julle ‘n lieflike Kersseisoen saam met julle geliefdes vier. Tot volgende jaar!”