[Skrywe aan die redakteur] Dit vrot!
![[Skrywe aan die redakteur]
Dit vrot!](/img/articles/Stink-article-1-04-June-2021.gif)
Thabazimbi – Die area rondom Frikkie Meyer straat en 10de laan stink! Daar is ‘n dam rioolwater wat oorborrel en in die straat afloop. Dit kan beslis nie gesond wees nie en ek wil nie eers weet watter siektes broei op die oomblik daaruit nie. Selfs dalk Covid-19? Kom nou munisipaliteit, doen graag dít waarvoor ons julle elke maand so mooi betaal! - Sienie ruik iets stink.
