VLU Northam-tak raak kreatief

Northam – Die Vrou Landbou-Unie Northam-tak het op Donderdag 20 Mei vergadering gehou te Swartklip.
Franette Pienaar het ‘n werksklas aangebied in potloodskets. Tydens hierdie klas is heelwat talent ontdek. Mari Meintjes wat ‘n ou hand in breiwerk is, het met die lede haar kennis gedeel oor hoe om die kledingstuk in kantbrei te maak wat ‘n kompetisie artikel is. Dit is dan ook met groot hartseer dat VLU Northam-tak afskeid neem van Celia Goosen as beoordelaar sameroepster. Celia Goosen was vir jare Northam se beoordelaar en het nou die leisels oor gegee aan Franette Pienaar.
Om deel te wees van VLU Northam of vir enige inligting kontak gerus Chantell Steynberg by 061 326 2724.
