Community

Rainbow Cup SA

26 May 2021 · Platinum Bushvelder

Rainbow Cup SA

Rainbow Cup SA
Lions vs Stormers

Die Leeus is beroof van ‘n oorwinning deur ‘n belaglike beslissing deur die skeidsregter en verloor 37-39. Tim Swiel, losskakel, tref die kol met ‘n strafskop in 83ste minuut van die game. Die voorry van die Leeus het die Springbok voorry van die Stormers klippe laat kou. Goeie ruggas was aan die orde van die dag. Balhantering aan beide kante was uit die boeke uit.
Die Leeus speel op 22 Mei om 13:00 teen die Bulle in Jo’burg. Die Stormers reis Durban toe om teen die Haaie om 15:30 te loop speel.

Bulls vs Sharks
Op Fort Loftus het generaal Steyn en sy makkers die Haaie ‘n rugbyles of twee geleer. Steyn op 37 jaar oud speel soos ‘n outjie in sy 20’s ou grote. Die Bulle het die Haaie in alle gebiede oorheers. Bra Jake was uit sy vel van blydskap en mens kan hom seker nie kwalik neem nie. Die Bulle was goed, baie goed mater! 
Die Sharks sal wragtag hulle vinne in ‘n ry moet kry want hulle draf 22 Mei om 13:00 teen die Stormers in Durban uit. Die Bulle ry Jo’burg toe om teen die Lions om 15:30 te gaan uitdraf.
Super Rugby 
Trans-Tasman 2021


Die eerste rondte van die Tasman-reeks het die afgelope naweek afgeskop waar Nieu-Seeland en Australië se spanne teen mekaar meeding. Die prentjie lyk maar donker vir die Aussies want die Kiwi’s behaal vyf uit vyf oorwinnings. Twee van die games was baie close.
Uitslae: Tuisspanne eerste genoem
14 Mei

• NSW Waratahs 48 - 64 Hurricanes
• Highlanders 40 - 19 Queensland Reds
15 Mei
• Western Force 19 - 20 Chiefs
• Rebels 3 - 50 Blues
• Crusaders 31 - 29 Brumbies 

Bepalings: Tweede Rondte
Vrydag 21 Mei
• Hurricanes 09:05 Rebels
• Western Force 11:45 Highlanders
Saterdag 22 Mei
• Blues 06:35 NSW Waratahs
• Chiefs 09:05 Brumbies
• Queensland Reds 11: 45 Crusaders

Geniet die ruggas! 
Loop braai en lawaai ou grote...