Carleton Liga in Setaria

Setaria – Eerskomende naweek op Saterdag 22 Mei speel die Northam Platinum Rhinos teen die Harlequins van Pretoria op hulle tuisveld in Setaria.
Alhoewel die Rhinos die laaste paar wedstryde teen die Harlequins oorwin het, gaan die gras moet spat en ‘n wen ‘n bielie wees! Daar is nie maklike wedstryde in dié liga nie. Die Carleton liga word gereken as een van die taaiste ligas in die land. Wedstryde begin om 13:00 met die derde spanne, gevolg deur die tweedes om 14:30, met die hoofwedstryd wat om 16:00 sal afskop. Ongelukkig is geen toeskouers welkom nie.
Indien die Rhinos dié wedstryd wen, kan hulle na twee wedstryde een van die voorlopers word in die liga. Na die naweek speel hulle ook nog ‘n verdere twee wedstryde... en tuis teen die Naka Bulle en daarnaas teen Pretoria Rugby Klub.
