Northam Rhinos se eerstes wen!

Northam – Northam Rhinos het op Saterdag 8 Mei hul eerste Carlton-beker oorwinning behaal teen Centurion.
Met 29-19 op die telbord in die doodsnikke laaste oomblikke van die spel, het die tuisspan met vaart ‘n bonuspunt verower wat die telling tot 29-26 gebring het.
Maverick van der Merwe het twee drieë gedruk, die eerste ‘n juweel nadat hy vier manne geklop en afgestamp het.
Skrumskakel Patrick Hattingh het weer ‘n prag-drie gedruk. Daar was ook ‘n strafdrie aan Northam toegeken. Chaney Willemse en Divan Naudé het uitgestaan en Sidney Tobias het deur voorbeeld gelei.
Die Tweedes se lostrio, JB du Toit, JT Cronjé, en Dawie de Kock het uitgeblink in hul oorwinning van 22-19. Die Derdes was ongelukkig om in die doodsnikke 12-10 te verloor.
