IN REMEMBRANCE

Moeder, eggenoot, ouma, en vriendin Aletta Janse van Rensburg, het haar aardse woning verruil vir haar Hemelse Lewe op Saterdag 8 Mei. Aletta was mamma vir twee dogters, Marilet en Angelique, en ouma van drie klein kinders Anuschka, Giovanni, en Amelia. Sy was ‘n mens met ‘n groot hart en haar glimlag en vriendelikheid het soveel mense se lewens elke dag aangeraak. Sy word oorleef deur haar man Hans Janse van Rensburg, twee dogters, en hulle gesinne. Aletta se begrafnisdiens sal op Dinsdag 18 Mei te Thabazimbi NG Kerk plaasvind.
