Community

Beskerm die by

8 May 2021 · Platinum Bushvelder

Beskerm die by

SA – Bye-Unie Suid-Afrika sê dat die regering en alle politieke partye nie die bewaring van die omgewing ernstig opneem nie of alternatiewelik, dat hulle ontken dat meer as 40% van alle lewensvorme uitgesterf het in die afgelope 50 jaar. 
Aldus Bye-Unie SA voorsitter Johan Wehl, vernietig gifstof in die landbou bedryf die byepopulasie. Hy sê dat ‘n lid voorverlede week gekla het dat nagenoeg 41% van haar swerms dood is na bestuiwing op ‘n enkele graanland. 
Byeboere is in staat om produksie dramaties te verbeter. “Louheid van politici verklein egter die kanse,” sê Wehl. Sommige stadsrade wat wel regulasies het vir aanhou van ‘n paar byekorwe in woonerwe, het internasionale standaarde gevolg. Volgens Wahl maak rade soos Tshwane en George die aanhou van ‘n paar korwe in ‘n erf, feitlik onmoontlik deur onkundige beperkings. 
Spesiale omgewingswetgewing moet uitgevaardig word, wat aanhou van bye in woonerwe volgens internasionale standaarde, aan stadsrade voorskryf. Só ‘n wet moet oor die boeg van natuurbewaring gegooi word vir die beste resultate.
Die Bye-Unie doen ‘n beroep op die hele byebedryf om tussen Wêreld-Byedag op 20 Mei en die munisipale verkiesingsdag op 27 Oktober op alle vlakke waar hulle inspraak het, hul sterkste moontlike invloed uit te oefen. 
Bye-Unie persverklaring uittreksels