Boereraat vir hondevergiftiging [Skrywe aan die redakteur]
![Boereraat vir hondevergiftiging [Skrywe aan die redakteur]](/img/articles/Eggs-and-dogs-article-07-May-2021.jpg)
Eiers help vir alles! Ek het die uitstekende boereraat gekry wat my pitbull terriër se lewe gered het na hy vergiftig was.
Een oggend voor die son al water begin trek het, kon ek dadelik sien my geliefde vierpoot kind is nie reg nie. Ek het terstond die veearts gebel vir ‘n afspraak – wat eers heelwat later kon plaasvind. Ek het myself getroos dat my ou Wagter nie te siek is nie en nog so bietjie kon wag.
Kort na lank het hy ‘n draai vir die ergste gemaak en ek het besef dat hy vergiftig is. Ek moes vinnig plan sien en het ‘n ou raad oor rou eiers onthou. Ek het dadelik die twee rou eiers in sy keel afgegooi en voor ek my oë kon uitvee was Wagter heelwat beter. Later die dag by die dokkie het die veearts bevestig dat Wagter wel gif ingekry het.
My veearts het egter aanbeveel dat sy lewe gered was deur eiers, maar dat jy dit nie vir diere moet toedien as hulle stuiptrekkings begin kry nie. Dit kan dalk veroorsaak dat hulle verstik en dan kan die gif vinniger na die longe versprei. Jy moet dit vang voor die konvulsies begin.
Maar daai dag het dit Wagter, wat met een voet in die graf gestaan het, vinnig uitgehelp.
Blykbaar help dit ook vir katgriep as jy dit met blousel en klein bietjie whisky meng... maar maak eers 100% seker by jou veearts voor jy net enigiets vir jou diere gee. Selfs al werk dit, maak maar altyd eerste ‘n afspraak by die dokkie, al is dit net vir jou eie gemoedsrus.
Wagter se Eienaar
